Original Articles

WHORF, WHORF, HOE LAAT IS DIT? RESENTE ONTWIKKELINGE IN DIE DEBAT OOR DIE VERHOUDING TUSSEN TAAL EN DENKE

DOI: 10.1080/10118063.1986.9724224
Author(s): Jan Vorster, ,
Keywords: ,

Abstract

Die opvatting dat die kategorieë waarin mense dink uitsluitlik deur taalkategorieg bepaal word, of dat kategoriale verskille tussen tale noodwendig met ooreenstemmende kognitiewe verskille gepaard gaan, staan as linguistiese relatiwiteit bekend, en word by uitstek geassosieer met die werk van Benjamin Lee Whorf (1897–1941). Ondanks 'n halfeeu van belangstelling, en van 'n argumenteerdery vir en tëën die Whorf-hipotese, bly die status van die hipotese as nog problematies. Die volgehoue belangstelling is daaraan te danke dat die idee van linguistiese relatiwiteit sonder meer interessant is. Die swak empiriese prestasie van die hipotese, daarenteen, is nie slegs daaraan te wyte dat Whorf se oordrewe aansprake die siel- en taalkunde—establishments afgeskrik het nie, maar ook dat nög behavioristiese sielkunde, nög strukturalistiese taalkunde in staat was om die idee van 'n onderlinge afhanklikheid tussen taal en denke te akkomodeer. Binne die paradigma van die kognitiewe strukturaslisme (wyd genoeg om sowel Chomsky as Piaget te omvat) waar taal nie gesien word as 'n gelsoleerde stel vaardighede nie maar as 'n deel van ons kognitiewe apparatuur, het 'n verantwoorde evaluering van die Whorf-hipotese oplaas moontlik geword. Vergelykings tussen Engels en Chinees enersyds (Engels kodeer teenfeitelike voorwaardelikheid grammaties, Chinees nie; Engels generiese lidwoord, Chinees nie) en tussen die kognitiewe sty1 van Engels- en Chineessprekendes andersyds (eersgenoerndes het 'n aantoonbare bereidwilligheid om die ‘werklike’ wëreld tersyde te stel en binne die beperkinge van 'n ‘teoretiese’ wereld te fungeer, laasgenoemdes nie) laat dit voorkom asof hierdie twee groepc in sekere opsigte in afsonderlike kognitiewe werelde leef, en dat die oorsaak hiervan in die verskillende wyses 1ë waarop hul onderskeie tale die werklikheid segmenteer.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics