Original Articles

Beginsels waarop taaltipologie en tipologiese verandering berus

DOI: 10.1080/02572117.1985.10586604
Author(s): D.J. PrinslooDepartement Bantoetale, Republiek van Suid-Afrika,
Keywords: ,

Abstract

Publikasies oor taaltipologie en taaltipologiese verandering neem steeds toe en is 'n duidelike aanduiding van die toenemende belangstelling in hierdie denkrigting. Hierdie artikel is 'n oorsig oor taaltipologiese uitgangspunte met besondere verwysing na die beginsels waarop taaltipologiese verandering berus. Uitsprake rakende taaltipologie en tipologiese verandering lê as't ware in stukkies en brokkies in bestaande literatuur versprei en is nog nêrens tot 'n teoretiese raamwerk saamgebind nie. Die rede waarom taaltipoloë nog nie so 'n raamwerk tot stand gebring het nie lê moontlik daarin dat taaltipoloë tans meer konsentreer op die ontdekking van nuwe beginsels eerder as om bestaande beskouinge sinvol te konsolideer, te interpreteer en te evalueer. Die afwesigheid van so 'n teoretiese raamwerk ontmoedig taalkundiges om oplossings in terme van taaltipologie en tipologiese verandering te soek. Hierdie artikel verteenwoordig 'n poging om 'n teoretiese raamwerk vir woordvolgorde en volgordeverandering te formuleer waarbinne Bantoegrammatici verklarings kan vind vir problematiese aspekte in dié tale wat gewoonlik sinchronies beskou, as ‘uitsonderlik’, ‘inkonsekwent’, ‘onreëlmatig’, ens. uitgewys word. Verklarings rakende problematiese volgordestrategieë in Noord-Sotho lê buite die doelwit van hierdie artikel. Sintaktiese verandering in Noord-Sotho sal in ander artikels aan die orde gestel word.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages