Original Articles
Noord-Sotholetterkunde geskryf
DOI:
10.1080/02572117.1985.10586603
Author(s):
P.S. GroenewaldDepartement Bantoetale, Republiek van Suid-Afrika,
Abstract
In 1870 het Noord-Sotho 'n skryftaal geword, en veral is godsdienstige werke hierna gepubliseer. Die eerste literêre werk in dié taal geskryf, het eers in 1935 verskyn. Die ontwikkeling van hierdie letterkunde verloop traag, omdat die skrywers 'n gebrek aan 'n skryf- en strukturerings- vaardigheid ondervind, en nie met die gegewens uit die daaglikse lewe verbeeldingryk kan omgaan om sodoende tot die herskepping van 'n nuwe werklikheid oor te gaan nie. Gedurende die eerste 50 jaar van hierdie letterkunde se bestaan, slaag die skrywers daarin om slegs 200 literêre werke te skryf. In hierdie artikel word die ontwikkeling van die Noord-Sotholetterkunde o.a. ooreenkomstig die vier periodes wat onderskei kan word beskryf: dié van ontreddering, van selfondersoek, van nostalgie, en van selfontdekking en verantwoording.
Get new issue alerts for South African Journal of African Languages