Original Articles
ZULU-VERTALINGS VAN PSALM 23
DOI:
10.1080/02572117.1984.10586576
Abstract
Bybelvertalers worstel met talle uiteenlopende Probleme. Een daarvan is die vraag of redelik letterlik uit die brontaal vertaal moet word, en of eerder op die bedoeling binne konteks (en dus 'n meer betekenisvolle vertaling) gekonsentreer behoort te word. Die jongste neiging met Bybelvertalings is om 'n meer dinamiese vertaling na te streef ten einde 'n meer natuurlike teks te voorsien in terme van die hedendaagse gesproke taal. In hierdie Studie is 'n ontleding van 'n viertal Zulu- vertalings van Psalm 23 gemaak waarvan twee ouer en twee jonger vertalings is. 'n Groot aantal leksikale, morfologiese en sintaktiese verskille is geïdentifiseer en die semantiese implikasies daarvan ontleed. Vergeleke met die Hebreeus is dit ook duidelik dat die ouer vertalings nader aan die oorspronklike is terwyl die jonger vertalings soms selfs redelike groot verskille daarmee vertoon, maar meer toeganklik vir die Zulu-leser is.
Get new issue alerts for South African Journal of African Languages