Original Articles
Die Sintaksis van lokatiewe in Noord-Sotho
DOI:
10.1080/02572117.1984.10586575
Abstract
Lokatiewe vervul in Noord-Sotho sintakties die funksie van bywoorde, en met sekere voorbehoude ook dié van onderwerpe en voorwerpe. Lokatiewe onderwerpe en voorwerpe moet as minder basiese onderwerpe en voorwerpe waardeer word daar hulle sekere semantiese en sintaktiese eienskappe van die sintaktiese kategorie subjek en objek ontbreek. Lokatiewe Subjekte kan nie gerelativeer word of die ‘agent van “n proses’ uitmaak nie. Lokatiewe voorwerpe is insgelyks nie toeganklik tot sintaktiese prosesse soos passivering en relativering waaraan voorwerpe normaalweg onderwerp kan word nie. Verder verskil lokatiewe voorwerpe van die ander lede van die sintaktiese kategorie ‘objek’ wat betref die generering van kongruensie.
Get new issue alerts for South African Journal of African Languages