Original Articles

Family bilingualism: A review of the literature

DOI: 10.1080/10118063.1990.9723835
Author(s): L.A. BarnesDepartment of Linguistics, Republic of South Africa,
Keywords: ,

Abstract

Gesinstweetaligheid is tans die brandpunt van navorsing oor tweetaligheid. 'n Aantal akademiese en meer populêre publikasies het onlangs verskyn wat bruikbare inligting oor hierdie onderwerp bevat en ook besprekings oor mites en vooroordele rakende kindertweetaligheid, gevallestudies en praktiese wenke vir ouers insluit. Belangrike vraagstukke wat in die literatuur bespreek word, sluit in die uitwerking van vroeë tweetaligheid op kinders, faktore wat in ag geneem moet word by die daarstelling van 'n tweetalige huisgesin, en die taalstrategieë wat in tweetalige huisgesinne gebruik word.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics