Original Articles
Word versus raak
DOI:
10.1080/10118063.1990.9723831
Author(s):
G.S. van der MerweDepartement Afrikaans en Nederlands, Republiek van Suid-Afrika,
Abstract
Die twee leksikale items word en raak is nie absolute sinonieme nie, maar in sekere funksies is hulle in 'n hoë mate sinoniem, veral in koppelwerkwoordfunksie, maar ook in toenemende mate as hulpwerkwoord van die lydende vorm. Voorbeelde hiervan is: Hy word/rank gou. kwaad. Die werk sal nou gouer gedoen word/raak. In koppelwerkwoordfunksie is daar sprake van sinonimie veral by die volgende kopulapredikate: adjektiefstuk-ke, naamwoordstukke en telwoorde, maar byna glad nie by voorsetselstukke en deeltjies nie. By laasgenoem-de word oorwegend raak aangetref. Wat die differensiasie tussen word en raak betref, speel geografiese dif-ferensiasie, etniese differensiasie en ouderdomsdifferensiasie beslis 'n rol. Daar is gebiede waar raak meer dikwels voorkom as word. Raak kom ook meer by Kleurlingsprekers as blanke sprekers voor en ook meer onder die jongmense as die oumense. Oor die algemeen is daar 'n taamlike onvastheid in die gebruik van raak en word. Baie sprekers is inkonsekwent in hul gebruik van die twee leksikale items en wissel hulle na willekeur af. Maar dit is tog duidelik dat raak aan die toeneem is, veral in informele taal. In hierdie taalverande-ringsproses wat tans aan die gang is, is daar dus 'n uitbreiding in die sinonimiese oorvleueling van word en raak.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics