Original Articles
Words the Cape slaves made: A socio–historical–linguistic study
DOI:
10.1080/10118063.1990.9723811
Author(s):
Achmat DavidsDepartment of Afrikaans, Republic of South Africa,
Abstract
Nieteenstaande my kritiese beskouing van die taalkundige benaderings tot die ontstaan van Afrikaans, is hierdie artikel in 'n mate nie vry van so 'n benadering nie. Ek kyk na die woorde wat deur die slawe geskep is en terselfder-tyd bespreek ek ook die maatskaplike omgewing waarin hulle geskep is, asook die prosesse van akkulturasie wat daarby betrokke was en wat aanleiding gegee het tot die ontstaan van nuwe kultuurtrekke in 'n matrys met 'n pre-siese godsdienstig-filosofiese basis. Hierdie artikel kan dus beskou word as 'n studie van die interne geskiedenis van Kaapse slawerny. In dié bespreking probeer ek 'n insig skep in die tale wat deur die slawe gebesig was, asook hul letterkundige tradisies en die invloed van hierdie tale en letterkundige tradisies op die lees-en-skryfken-nis van die slawe. Ek gaan na hoe die godsdienstige wysbegeerte en die letterkundige prosesse bestendig was deur 'n slawe-opvoedkundige sisteem, wat aanleiding gegee het tot die groei van 'n Kaapse slawekultuur en die ontstaan van 'n selfstandige letterkundige tradisie, genoem ‘Arabies-Afrikaans’. Ten slotte bespreek ek die hou-ding van die Kaapse Moslems, die nageslag van die slawe, teenoor die negentiende-eeuse Kaapse Hollands waaruit Afrikaans ontstaan het. In hierdie verband word interessante vrae gestel, sonder om afdoende antwoorde te verskaf. Ek eindig met 'n pleidooi vir 'n minder formele Afrikaans, vry van politieke invloed en vry vir die gebruik as 'n betekenisvolle taal vir 'n Suid-Afrikaanse nasie.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics