Original Articles
Proposal for a communicative test at beginner level
DOI:
10.1080/10118063.1988.9724436
Abstract
Dit is moeiliker om kommunikatief te toets as om kommunikatiewe onderrig te gee. As ons egter op 'n diskrete manier kommunikatiewe toetse kon merk, sou dit sake aansienlik vergemaklik. Die artikel bespreek 'n kommunikatiewe toets wat gebruik maak van items oor groet, informasie-gapingtake en 'n eenvoudige narratief. Die eerste vyf items is gemerk volgens 'n diskrete punttoekenningsisteem, terwyl 'n 7-puntskaal gebruik is vir die narratief. Die resultate dui op 'n besonder positiewe korrelasie tussen die punte wat deur verskillende merkers toegeken is, en die ge-volgtrekking is dat 'n diskrete punttoekenningsisteem vir 'n kommunikatiewe toets nie slegs moontlik is nie, maar ook wenslik vir sommige tipes toetstake.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics