Original Articles

Eenders of anders? 'n Vergelyking tussen die ontkenning in Afrikaans en Afro-Portugees

DOI: 10.1080/10118063.1988.9724294
Author(s): H. Waher, ,
Keywords: ,

Abstract

Afro-Portugees is een van die tale wat genoem word in die diskussie oor moontlike vreemde invloed op die ontstaan van die Afrikaanse ontkenning. In hierdie artikel word die dubbele ontkenning in die Afro-Portugese dialekte van die eilande in die Golf van Guinea ondersoek en met Afrikaans vergelyk. Vera1 wat die optrede van 'n tweede ontkenningspartikel betref, word daar treffende ooreenkomste tussen Afrikaans en Afro-Portugees gevind. Andersyds word verskeie verskille tussen die twee ontkenningsisteme aangemerk. Daar word geredeneer dat die Afrikaanse ontkenning nie 'n een-eenooreenkoms vertoon met enige taal wat tot dusver as vernaamste of belangrike faktor in sy ontwikkeling voorgestel is nie, en dat strukturele vergelyking alleen nie 'n antwoord op die probleem van die herkoms van die Afrikaanse ontkenning kan gee nie.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics