Original Articles

ABRAKADABRA: die klem van multisillabige Afrikaanse simplekse

DOI: 10.1080/10118063.1988.9723770
Author(s): D.P. Wissing, ,
Keywords: ,

Abstract

Combrink en De Stadler (1987: 189–197) stel 'n sillabesterktehiërargie voor op grond waarvan 'n hoofbeklemtoningsreël die primêre klem aan die “eerste sterkste” sillabe van Afrikaanse simplekse toeken. Vier hipoteses is uit hierdie hoofklemtoonreël afgelei en eksperimenteel aan die hand van kunsmatig gekonstrueerde multisillabige vorme getoets. Hierdie hipdeses is feitlik deurgaans oorweldigend verwerp. 'n Oorkoepelende gevolgtrekking is dat daar nie van die aanvang van multisillabige vorm na 'n beklemtoningsplek gesoek word nie mar van agter af. Gebaseer op die uitkomste van die eksperiment is 'n nuwe klemtooneël vir multisillabige Afrikaanse simplekse voorgestel. Dit word gepostuleer dat die basiese klemtoonpatroon van Afrikaans (-)—- # is, tensy sterker kragte die klem op die finale sillabe trek. Klemtoon op die voor-voorfinale sillabe (of nòg daarvóór) word vermy), selfs al is daardie sillabes sterker as die een wat beklemtoon word. 'n Sestal argumente ten gunste van hierdie postulaat word aangevoer.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics