Original Articles

Stylistic rules in 6reek within the framework of the theory of ‘government and binding’

DOI: 10.1080/10118063.1987.9724280
Author(s): H.C. du ToitDept. Klassieke Tale, ,
Keywords: ,

Abstract

Die status van stilistiese reêls binne die raamwerk van die ‘Government and Binding’-teorie (verder GB-teorie) is onseker. Daar bestaan baie onopgeloste vrae, soos bv. die insluiting a1 dan nie van hierdie reëls in die kerngrammatika. hul relatiewe posisie binne die geheelgrammatika, ens. In hierdie artikel word bepaalde gegewens oor die relatiewe konstruksie in Hellenistiese Grieks bespreek binne die raanwerk van Chomsky se weergawe van die GB-teorie, soos uiteengesit veral in sy 1981-publikasie ‘Lectures on government and binding’. Dit blyk dat daar verskeie reëls. soos bv. progressiewe en regressiewe naamvalsassimilasie, kern-N-inkorporering. constructio ad sensum-reuls, asook sinsverplasing, bestaan wat opsioneel binne die relatiewe konstruksie optree. Ondersoek hierna dui eerstens op die geldigheid van die beskrywing van sulke reëls as ‘stilisties’, en tweedens, op die ordening van dié reëls na die sintaksis, met die filterkomponent tussen die sintaksis en die stilistiese konponent. Die Griekse data bied dus ondersteunende getuienis vir die ordening van die betrokke komponente soos voorgestel in Chomsky se weergawe van die GB-teorie.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics