Original Articles

DE BEAUGRANDE EN DRESSLER (1981) SE “STANDAARDE VAN TEKSTUALITEIT”

DOI: 10.1080/10118063.1987.9724256
Author(s): W., A.M. Carstens, ,
Keywords: ,

Abstract

In hierdie artikel word die algemene geldigheid van De Beaugrande en Dressler (1981) se stelling dat 'n “teks” 'n kommunikatiewe gebeurtenis is wat aan sewe standaarde van tekstualiteit moet voldoen (anders is dit nie 'n teks nie), betwis. Daar is naamlik verskeie “tekste” wat nié aan á1 die onderskeie standaarde voldoen nie (kohesie ontbreek byvoorbeeld), maar nog steeds “teks” is. Twee aspekte moet in gedagte gehou word by die toepassing van die standaarde, nl. (a) die vermoë van taalgebruikers om te kan kommunikeer ongeag dikwels moeilik skakelbare linguistiese strukture en (b) die onderskeie tekstipes (omdat die behoeftes en aard van elke tipe of genre sterk kan verskil).

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics