Original Articles

'N PAAR AANTEKENINGE OOR TAALBEWEGINGS

DOI: 10.1080/10118063.1986.9724235
Author(s): J.C. STEYN, ,
Keywords: ,

Abstract

Die doel van dié artikel is 'n ondersoek na die terme “doel”, “middel” en “politiek” in Theo du Plessis se definisie van 'n taalbeweging as 'n politieken/of godsdiensgeïnspireerde beweging waarby taal as 'n middel tot 'n doel gebruik word. Verskillende bewegings waarby taal as “middel” tot 'n doel gebruik word, word ondersoek. Om taalbewegings af te baken van ander bewegings, word 'n wysiging van die definisie voorgestel deur een van die oogmerke van politieke taalbewegings nader te bepaal. Aandag word voorts gegee aan die status van sommige Afrikaanse taalbewegings en argumente word aangevoer vir die mening dat die “Naoorlogse Taalbeweging” nie eers in 1914 begin het nie, maar waarskynlik effens vroeër.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics