Original Articles
W- EN D-RELATIEWE IN DIE OUER NEDERLANDSE SKRYFTAAL
DOI:
10.1080/10118063.1986.9724232
Abstract
Die konkurrensie in die ouer Nederlandse skryftaal tussen betreklike W- en D-vorme word versyfer ten opsigte van steekproewe uit 16 tekste of tekskomplekse van die tyd midde 16e tot vroeë 18e eeu. Die verbande waarin die W- en D-vorme gekonkurreer het, word ondersoek, en 'n W-rangorde word opgestel. Uit die onpatroonmatigheid in hierdie rangorde, ook wat kovariasie met stylvlak betref, word gekonkludeer dat die gebruik van D-vorme nie deur bv. stylvlak bepaal word nie, maar deur taalgebruiksmodus (skryftaal teenoor spreektaal): D-vorme is skryftalig. Die gevolgtrekking word gemaak dat die taalgebruik in tekste met hoë W-indekse, Wat die gebruik van W- en D-vorme betref, die spreektaal digby benader. In hierdie verband word Adam Tas se dagboek, die teks met verreweg die gunstigste W-indeks, uitgesonder as 'n insiggewende dokument oor vroeë lSe-eeuse taalgebruik. Die uiteensetting word op metodologiese noot afgesluit met 'n opmerking oor die gebruik van skryftaalgegewens in die historiese taalkunde.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics