Original Articles

THE SECOND PERSON PRONOUNS IN GERMANIC LANGUAGES—A COMPARATIVE DIACHRONIC STUDY WITH SPECIAL REFERENCE TO DUTCH AND AFRIKAANS

DOI: 10.1080/10118063.1986.9724219
Author(s): Bruce Donaldson,
Keywords: ,

Abstract

Die voornaamwoorde van die tweede persoon in die Germaanse tale vertoon 'n indrukwekkende verskeidenheid vorme vergeleke met die oorspronkelike situasie in Germaans. Hulle vertoon byvoorbeeld 'n baie groter verskeidenheid as die huidige Romaanse tale. Hoewel die student of navorser van 'n bepaalde Germaanse taal gou bekend raak met die voornaamwoordelike stelsel van dié taal, is hy meestal nie bewus van parallelle of teenoorgestelde ontwikkelings in die ander tale wat so na aan mekaar verwant is nie. Dit het my as nuttig voorgekom om al dié vorme by mekaar te bring om hulle sodoende van verskeie standpunte te kan vergelyk en kontrasteer. Omdat die ontwikkeling van die Nederlandse en Afrikaanse vorme uniek is en omdat daar besliste verskille in sommige opsigte bestaan, selfs tussen hierdie besonder aanverwante tale, is besluit om op dié tale te konsentreer deur hulle in hul Germaanse verband te plaas.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics