Original Articles
KREATIEWE ONTSNAPPING: 'N HIPOTESE OOR SEKERE ASPEKTE VAN DIE TAALGEBRUIK VAN ENGELSSPREKENDE STUDENTE
DOI:
10.1080/10118063.1985.9724206
Abstract
In hierdie studie word tweedetaalfoute ontleed vanuit 'n perspektief waarin 'n begrip wat die skrywer “kreatiewe ontsnapping” noem, sentraal staan. Daar word van die veronderstelling uitge-gaan dat nie-moedertaalsprekers dikwels in die L2 kommunikeer omdat hulle moet eerder as omdat hulle wil. Wanneer 'n L2 -spreker items nodig het wat nie onmiddellik deel is van sy parate taal-kennis nie, span hy sy linguistiese kreatiwiteit in om taalvorme te skep waarmee hy kan kommunikeer. Baie van die korrekte vorme in sy resulterende taalgebruik sou dus “suksesvolle” pogings om uit sy “kommunikasiehoek” te ontsnap, verteenwoordig, terwyl ver-keerde vorme onsuksesvolle ontsnappogings (of “ontsporings”) verteenwoordig. Hierdie “kreatiewe-ontsnapping”-meganisme is op al die vlakke van taalstruktuur werksaam, nl. foneties-fonologies leksikaal (-semanties), morfologies en sintakties.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics