Original Articles

IS DIT NOU HY OF IS DIT NOU SY?

DOI: 10.1080/10118063.1985.9724204
Author(s): C DU PLESSIS, ,
Keywords: ,

Abstract

'n Werkbare definisie vir die gebruik van die manlike en vrou-like voornaamwoord in Afrikaans is gegrond op die omskrywing wat in WAT gevind word en die voornaamwoorde is aan die hand van hierdie definisie getoets. Die ondersoek het daarop gewys dat taalverandering besonder sterk aan die werk is by voornaam-woordelike anaforiek en dat hy klaarblyklik besig is om dit nog verder te verdring. Die primêre funksie van hy is om gebruik te word in verband met manlike persoons- en diername en by gemeenslagtige persoons- en diername waar die geslag nie ter sprake is nie. Verder is bevind dat hy (manlik) onder bepaalde omstandighede deur sy (vroulik) verdring word en sy (vroulik) onder bepaalde omstandighede deur hy (manlik).

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics