Original Articles

Letsogo la Molao: 'n stilistiese analise van 'n prosateks

DOI: 10.1080/02572117.2000.10587413
Author(s): P.S. GroenewaldDepartement Afrikatale, Suid-Afrika,
Keywords: ,

Abstract

Die stilistiese ontleding van die prosateks en dié van die gedig verskil nie. Die omvang van die teks mag 'n praktiese probleem vir die ondersoeker bied. Daar die literêre teks 'n samehang van onderdele vorm, mag een of meer paragrawe of teksgedeeltes vir ontledingsdoeleindes gekies word. Die taak van die navorser is, eerstens, om die stylkenmerke te identifiseer, en daarna te vertolk om sodoende die outeur se styl te kan blootlê. Die stylkenmerk is 'n verhoudingsbegrip: vertikaal handhaaf dit 'n verhouding met die werklikheid wat bespreek word, en horisontaal met die ander stylkenmerke. Dit is daarom nie eenduidig in strekking nie. Mphahlele se styl kan as argeloos en sinies bestempel word. Sy sinisme kan toegeskryf word aan die invloed wat apartheid op sy lewe gehad het. Sinisme is egter geen vreemde verskynsel in die hedendaagse letterkundes van die wêreld nie.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages