Original Articles

Die kopulatief in Hananwa

DOI: 10.1080/02572117.1993.10586959
Author(s): A.E. KotzéDepartement Afrikatale, Republiek van Suid-Afirika,
Keywords: ,

Abstract

Navorsing het aan die lig gebring dat die kopulatief in Hananwa aansienlik van sy teenhanger in Standaard Noord-Sotho verskil. Voorbeelde van die drie tipes kopulatiewe in al die modi, tydsvorme en aktualiteite word in tabelvorm weer- gegee. Daar is heelwat morfologiese verskille maar meer aandag word aan semantiese afwykings gewy. Volop bewyse is gevind dat die kopulatiewe werkwoordstamme -bô, -e en -na 'n vervagingsproses ondergaan, wat meebring dat statiewe of inchoatiewe betekenis nie langer aan spesifieke werkwoordstamme gekoppel kan word wanneer sodanige stamme in die situatiewe en relatiewe modi gebruik word nie. Die proses het vermoedelik by -bô begin wat waarskynlik altyd met statiewe en inchoatiewe betekenis gebruik is in die afhanklike en nie-predikatiewe modi, asook in die toekomende tyd van die onafhanklike modi, soos wat die geval in Standaard Noord-Sotho is.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages