Original Articles
Die morfologie van predikatiewe woorde in Hananwa
DOI:
10.1080/02572117.1992.10586938
Author(s):
A.E. KotzéDepartement Afrikatale, Republiek van Suid-Afrika,
Abstract
Hananwa is een van die Noord-Sotho dialekte wat tot die Noord-Westelike dialekbundel behoort. Soos wat die geval is met meeste Noord-Sotho dialekte, is weinig tot dusver oor Hananwa gepubliseer. Die doel van hierdie artikel is om feite aangaande die morfologie van die verbale elemente wat in Hananwa voorkom, aan te bied. Hoewel verskille met Standaard Noord-Sotho nie volop voorkom nie—verskille is van 'n tipies dialektiese aard—is dit belangrik om alle gegewens oor Hananwa vir toekomstige verwysing te dokumenteer. Verskille waarna in hierdie artikel verwys word, handel hoofsaaklik oor sekere onderwerpskakels, werkwoordelike ekstensies en uitgange asook die sub-kategorieë van die werkwoord.
Get new issue alerts for South African Journal of African Languages