Original Articles

Linksverplasing van direkte en indirekte Objekte in Noord-Sotho

DOI: 10.1080/02572117.1992.10586925
Author(s): Elsabé TaljardDepartement Afrikatale, Republiek van Suid-Afrika,
Keywords: ,

Abstract

Daar word algemeen aanvaar dat naamwoordstukke se temakrag deur bepaalde semantiese en diskoerseienskappe be- paal word. Aangesien indirekte Objekte in dubbeloorganklike strukture die kenmerke vertoon wat allerweë met temakrag geassosieer word, volg dit dat hierdie objekte oor sterker inherente temakrag as direkte Objekte beskik en der- halwe in 'n groter mate toegang tot tematiseringsprosesse soos linksverplasing sal hê. Dit blyk egter dat daar nie 'n beduidende verskil tussen direkte en indirekte objekte ten opsigte van toeganklikheid tot tematiseringstrategieë is nie. Daar word aangetoon dat semantiese en diskoerseienskappe van naamwoordstukke nie die enigste faktore is wat naamwoordstukke se temakrag bepaal nie, maar dat sowel die diskoerskonteks as sekere morfologies-sintaktiese faktore ook 'n rol in dié verband speel.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages