Original Articles
Versvorm in Noord-Sotho: 1935–1988
DOI:
10.1080/02572117.1988.10586748
Author(s):
P.S. GroenewaldDepartement Afrikatale, Republiek van Suid-Afrika,
Abstract
Die ontwikkeling wat daar ten opsigte van versvorm in Noord-Sotho vanaf 1935 plaasgevind het, kan soos volg saamgevat word: (a) 'n Vryer definiste van versvorm binne die kleinste metriese eenhede van die gedig, naamlik die vers en die segment waar die enjambement onderskeidelik begrensing en verdeling nie verwerklik nie. (b) Skakeling tree nie meer so prominent in die gedig na vore nie, maar word dikwels deur beginherhaling ‘ver-vang’. (c) Rym kom voor, maar word teenswoordig toenemend deur eindherhaling vervang. (d) Omdat die moderne gedig 'n sterk besinnende karakter het, het die digter met die oog hierop ritmiese aanpassings aangebring. Die ritme het gelykmatiger geword. (e) Die sonnet het as digvorm 'n plek in die Noord-Sothodigkuns gekry. Sommige digters het met besondere rymskemas in dié verband geëksperimenteer. In die geheel geneem, kan die Noord-Sothodigkuns in twee hoofkategorieë verdeel word, naamlik die poësie wat aan die tradisionele digkuns verwant is en die ‘moderne’ poësie.
Get new issue alerts for South African Journal of African Languages