Original Articles
Noord-Sotho: 'n Genre-indeling
DOI:
10.1080/02572117.1987.10586693
Author(s):
P.S. GroenewaldDepartement Afrikatale, Republiek van Suid-Afrika,
Abstract
Die formele kriteria by die indeling van literêre genres in Noord-Sotho lei tot die drie basiese kategorieë van poësie, verhale, en dialoogstukke. Die poësie bestaan uit: (a) epiese gedigte (die verhalende gedig en die ballade), (b) liriese gedigte (die elegie, die liefdesgedig, en die verskillende liedsoorte—kerkliedere, wiegeliedjies, werks- en spelliedere, ensovoorts), (c) didaktiese gedigte (die satiriese en moraliserende gedigte), en (d) dekla- matoriese gedigte (die verskillende prysliedsoorte). Die Noord-Sotho poëtiese genres word eintlik nie formeel gedefinieer nie, behalwe die sonnet. Die basiese kriterium vir die prosagenres is die lengte van die verhaal, en dan word daar tussen kort en lang verhale onderskei. Subkriteria word in aanmerking geneem om ook vir die biografie en die essay voorsiening te maak. Die dialoogstukke word verdeel in (a) tragedies, (b) dramas met 'n historiese of 'n sosio-kulturele agtergrond, en 'n voorbeeld van elk van die volgende: 'n burlesk en 'n dierever- haal in 'n dialoogstuk verwerk. Radio- en televisiestukke is ongelukkig nie gepubliseer nie.
Get new issue alerts for South African Journal of African Languages