Original Articles
Tyd in die Noord-Sothoverhaalkuns
DOI:
10.1080/02572117.1985.10586584
Abstract
In die aanvanklike Noord-Sothoverhale het die skrywers die gebeurtenisse beskryf soos hulle die een op die ander volg. Daarna volg 'n tweede periode en skrywers uit hierdie groep vertel van gebeurtenisse wat, ooreenkomstig verhaaltyd, gelyktydig plaasvind, om sodoende 'n bepaalde perspektief op die beskrewe werklikheld te open. Die skrywer wat die onderskeid tussen verhaal- en verteltyd vir interpretasie-doeleindes noodsaak, is Ramaila. Na hom het Matsepe gekom, en opeenvolging in tyd as struktuurelement verwerp. Vir hom is tyd onbegrens; dit is sonder meer duur. Mahapa sonder hom van Matsepe af deur hom by Proust aan te sluit: hy neem tyd tot voorwerp van bepeinsing en besin oor die herwinning van verlore tyd.
Get new issue alerts for South African Journal of African Languages