Original Articles

DIE TELWYSES VAN NOORD-SOTHO AS LESTEMAS IN DIE LAERSKOOL

DOI: 10.1080/02572117.1982.10586501
Author(s): B., du P. Goslin, ,
Keywords: ,

Abstract

Die telwyses is maar een van talle konstruksies in Noord-Sotho waarin die verskynsel wat as kongruensie binne die naamwoordstuk bekend staan duidelik na vore kom. In hierdie bydrae word daar gepoog om aan te toon hoe hierdie hoogs interessante, dog moeilike konstruksie op heel praktiese en effektiewe wyse gehanteer kan word sonder dat beide leerkrag en ieerling deur formele grammatikale terme verstrik hoef te word. Met hierdie doelstelling voor oë word 'n aantal lessies ontwerp waarin die nuwe inhoude (selfstandige naamwoorde, telwoorde en sinstrukture) op so 'n wyse georden word dat sekere taalvaardighede op heel natuurlike wyse bemeester kan word. Enkele wenke ten aansien van die ordening en seleksie van nuwe woordeskat word voorgestel asook 'n aantal onderrigtegnieke wat beide onderwyser en Ieerling tot voordeel mag strek.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages