Original Articles

Die invloed van fosfor, nitraat en ammonium op die opname en vervoer van stikstof en fosfor en op die groei van koring

DOI: 10.1080/02571862.1985.10634155
Author(s): A.S. ClaassensDepartement Grondkunde en Plantvoeding, , W.J. FölscherDepartement Grondkunde en Plantvoeding, ,

Abstract

In 'n waterkultuureksperiment met koring is die invloed van verskillende P-toedienings (0,02 tot 5,0 me H2PO4 dm−3) en van verskillende NH4:NO3-verhoudings (0:15 tot 12:3) met 'n Hoagland-voedingsoplossing (no. 2) as kontrole bestudeer. Normale groei is reeds by 'n laer P-voorsiening (0,2 me dm−3) as die kontrole (1,0 me dm−3) verkry. Die hoogste P-voor-sieningsvlakke het opbrengs verlaag by die laagste NH4: NO3-verhoudings. Beter opbrengs is verkry met intermediäre NH4:NO3-verhoudings, waarvoor hoër P-voorsiening noodsaaklik was. By hoë P-voorsiening het chlorose-simptome tussen die blaarnerwe voorgekom wat vererger het met hoër NH4:NO3-verhoudings. Plantontledings dui daarop dat behalwe by die hoogste NH4: NO3-verhouding, die chlorose-simptome toegeneem het met hoër P-status in die bogroei. Die teenoorge- stelde tendens het ten opsigte van die P-status in wortels voorgekom. By hoë P-voorsiening is dit moontlik dat NO3 die vervoer van P vanuit die wortels na die bogroei verminder en gevolglik die simptome wat met hoë P-status in die bogroei geassosieer word, verminder. Die N-status van die bogroei het verhoog van die laagste na die hoër P-voorsiening. Hierdie verhoging was meer wanneer slegs NO3 voorsien is, as wanneer NH4 en NO3 voorsien is. Hieruit is afgelei dat P-voorsiening minder kritiek is vir N-opname as beide NH4 en NO3 voorsien word.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil